Contact Information
Contact the school
0217823940
Visit Website
More Information

Visie:

Om ‘n Christelike Afrikaanse Skool van uitnemendheid te
wees waar ons met Respek en Trots ‘n familietuiste skep om ons kinders tot hul volle potentiaal te lei.

Missie:

• Goed opgeleide professionele Afrikaanse onderwysers wat toegerus is met die nodige Geestelike kwaliteit en positiewe lewensingesteldheid.
• Leerders moet aangemoedig word tot optimale selfdenkende afgeronde individue.
• Leerders word aangemoedig om ‘n gebalanseerde benadering te hê jeens akademie, kultuur en sport.
• Paul Greyling Laerskool wil leerders uitstuur wat oor lewensvaardighede beskik om ‘n sukses te maak van hul toekoms.
• Die uitbouing van die onderlinge samewerking tussen onderwyser, ouer en leerder.
• Motivering van ouers en die gemeenskap om deurlopend hulle verantwoordelikheid ten opsigte van die skool en skoolaktiwiteite te aanvaar en positief daarby betrokke te bly.
• Positiewe, gereelde en konsekwente vaslegging van kernreëls en waardes.
• Fokus op die vesting van ‘n kultuur van respek en trots.
• Die leerders tot selfdissipline te lei deur die handhawing van orde en dissipline in samewerking met die ouers.
• Samewerking en goeie gesindheid tussen skool, ouerhuis, kerke en samelewing na te streef.

This Ad has been viewed 483 times.

All your school information in the Cape Town area.

Looking for a Cape Town school? Trying to find a school in Cape Town? Look no further. We have all the Cape Town schools contact information.